Sunday 25 October 2015

EENSAME BEGRAFNISGANGER

EENSAME BEGRAFNISGANGER

Dan is dit nou so.
Verbind met my hartsmense slegs deur U daar bo.
O Heer, O Heer,
dis die seerste seer.

As nietige mens probeer
ek verstaan, maar as ek weer
sien, ween my siel O Heer,
want dit bly die seerste seer.

Tog het ek berus
en met die tyd raak ek bewus
van 'n groter plan O Heer,
Maar dit verminder nie die seer.

05/2015

(Opgedra aan Georg. Drie dae nadat ons teruggekeer het van ons jaarliks Suid-Afrika kuier, is skoonpa oorlede. My hart het gebloei vir Georg. Toe neem ek maar weer die pen op en die woorde kom vanself.)
ODE AAN ANNERLAND

Stippeltjie-op-die-aardbol-land.
Met jou turkoois see en bloed sand.
Doer, vér ver ver onder…
Oor jou, het ek altyd gewonder.

Gewonder oor jou vreemdsoortige diere:
Naglewend, hopend, kruipend en tonnelgrawend.
Jou plantegroei, vaalgroen van blaar en blommend met swier,
wanneer hul die eerste reëns vier.

Gewonder oor jou wêreldberoemde riwwe.
Party van kosbare koraal.
Ander word gemyn en met industriële siwwe,
word onskatbare rykdomme uit die rooi grond gehaal.

Gewonder oor jou tongknoper plekname,
Soos Joondalap, Mullewa en Ballingup,
met jou saamgeflanste taal tesame,
“Ye ‘snotbad Mate, whats up!”    (is not bad)

Nou na ‘n paar maande in die vreemde,
het jy amper my hart verower.
Tog is daar steeds ‘n verlange-leemte,
na Suidwesvalktes wat my so kan betower.

En tog, Annerland,
Stap ek en jy hand aan hand.
Dag vir dag, tree vir tree, leer mekaar versigtig ken
Miskien sal jy in die verre toekoms ‘n deeltjie van my hart wen.

Net miskien...

Troosbriefie

TROOSBRIEFIE

Ek bly sonsakkant van Annerland
en jy, sonsakkant van my land.
Maar met my boodskapper maak,
oseane tussen ons nie saak.

Geskryf op stemmige wit papier en styf gevou
om dié belangrike boodskap binne te hou,
stuur ek vandag vir jou 'n troosbriefie
saam met die son.

Sal jy dit versigtig oopmaak
en saggies daaraan raak?
Want tussen die geykte trooswoorde van my,
sal jy 'n stukkie van my hart ook kry...

(Opgedra aan Mino)

MEER AS NET ‘N KWILT Vandat ek kon onthou was kwilts, of soos dit in die volksmond bekend staan, lappieskomberse deel van my lewe. Me...