Thursday 25 June 2015

KALGOORLIE en die PALACE HOTEL


“Do you ever dream, my sweetheart, of a twilight long ago,
Of a park in old Kalgoorlie, where the bougainvilleas grow?
Where the moonbeams on the pathways trace a shimmering brocade,
And the overhanging peppers form a lover's promenade?
Where in soft cascades of cadence from a garden close at hand,
Came the murmurous, mellow music of a sweet orchestral band.
Years have flown since then, my sweetheart, fleet as orchid blooms in May.
But the hour that fills my dreaming, was it only yesterday...


Toe ek op ‘n koue wintersaand, in die helder verligte portaal van die Palace Hotel staan en  hierdie gedig lees het dit dadelik my verbeelding aangegryp. Ek wou wéét wat die storie agter dié gedig is. Wie was die man was so met woorde kon omgaan? Wat op dees aarde het hy tussen die rowwe delwers gemaak? Belangrikste van als, wat of wie het hom geinspireer om hierdie gedig te skryf?

Kalgoorlie, is ‘n myndorp in Wes-Australië en is sowat 600km oos van Perth geleë. Hierdie is rooi sand en Salmon Gum wêreld en hier is stories. Baie stories, party mooi en ander glad nie iets wat jy in enige geselskap kan vertel nie.  ‘n Verrassende storie is egter die een van Herbert Hoover en sy verbintenis met Wes-Australië, meer spesifiek Kalgoorlie en die Palace Hotel, maar kom ons begin by die begin.

Gedurende die laat 1800’s word die eerste goudvelde in Wes-Australië ontdek. Coolgardie is een van die grootste goudvelde en trek delwers, prospekteerders en skarminkels van heinde en verre. Paddy Hannan, Dan O’Shea en Tom Flanagan is maar drie van die menigte wat hul fortuin daar kom soek het. Lewe op die Wes-Australiese goudvelde van daardie tyd, was beslis nie ‘n sprokie nie. Vars water was die grootste probleem. Kort op die waterprobleem se hakke, was al die sosiale probleme wat met so ‘n stormloop gepaard gaan. Daar was geen huisvesting of skuilings nie. Kos was baie skaars en delwers het soms dae sonder kos klaargekom. Mense het enigiets gedoen om te oorleef.  Die meer innoverende dames het nie op hul laat wag om ‘n ‘besigheid’ te begin nie, terwyl van die manne se dade ook nie aldag die daglig kon aanskou nie. Dit was ‘n harde lewe en die naaste wetgewer was in Perth. Wat regtig op die goudvelde gebeur het, het hom nie juis geskeel nie en was beslis nie prioriteit nie.

In Januarie 1893 begin gerugte die rondte doen dat daar ryk goudneerslae by Mount Youle ontdek is en Hannan, O’Shea en Flanagan saal hul perde op en vat die pad soontoe, via Mount Charlotte (laasgenoemde is net buite die huidige Kalgoorlie geleë). Oppad kry hul teëspoed met die hoefysters van een van die perde en moet noodgedwonge die reis onderbreek om dit eers uit te sorter. Dis dan tydens dié onderbreking, terwyl hul na water gesoek het, wat hul tekens van goud in die omgewing opmerk. Hul besluit daar en dan om eers te bly en dit verder te ondersoek. Op 17 Junie 1893 handig Hannan ‘n “Reward Claim” by die magistraat in Coolgardie in. Hierdie was net die begin van nog ‘n groot goudstormloop. Teen 1895 bestaan Kalgoorlie, hoewel dit daardie tyd as Hannas Find bekend gestaan het, met ‘n populasie van net oor die 2,000. In 1901 is die populasie byna 5,000 en teen 1903 byna 7,000. Hierdie area rondom Kalgoorlie en Coolgardie, staan vandag nog bekend as die Goue Myl en word allerweë beskou as die rykste stuk aarde ter wêreld.  Mynbou is vandag nog die hoofindustrie.

Met ‘n area populasie van ongeveer 200,000 in die laat 1800’s, was daar ‘n onversadigbare aanvraag na infrastruktuur en werksmense. Besighede, banke en natuurlik bordele het oornag soos paddastoele opgeskiet. Die Palace Hotel is dan ook in hierdie tyd gebou. In 1897 word die hotel gebou teen ‘n astronomiese koste van 17,000 pond. Die amptelike opening van die 44 kamer hotel is in Desember van dieselfde jaar. Die hotel word op daardie stadium beskou as die luukste hotel buite Perth. Die meubels is van Melbourne af bestel en dit was die eerste hotel met elektriese lig (vanaf hul eie kragopwekker) en vars water in al die badkamers. Hierdie vars water het van die hotel se eie kondenseerders gekom.

Dit bring my die volgende deel van die storie, naamlik Herber Hoover se konneksie met Kalgoorlie. Herbert Hoover was die 31ste president van Amerika tussen 1929 – 1933.  Hy het in 1897 as 23 jarige myningenieur, in die goudvelde van Wes-Australië kom werk. Hy het in die Palace Hotel oorgebly en by verskillende myne in die area gewerk. Vanaf Coolgardie, Kalgoorlie op na Menzies, en Leonora en selfs tot in die Murchison, het hy as geoloog en ingenieur gewerk. Hy het Wes-Australië as volg beskryf: “black flies, red dust and white heat”. (Dit kan ek bevestig, is vandag nog die geval. Daar was sedertdien geen verandering op daardie front nie.) Tydens sy verblyf in die Palace Hotel het hy blykbaar verlief geraak op ‘n barmaid. Daar word egter nie veel oor die verhouding geskryf nie, hoewel my storiesiel meer daaragter wil sien. In 1899 vertrek hy na China en trou later daardie jaar met sy skoolliefde Lou Henry. Hy het nooit weer in Australië gebly nie, maar het die land ‘n paar maal in die vroeë 1900’s besoek in sy hoedanigheid as oorsese belegger.  

Nou vir die teleurstellende kinkel in die kabel: daar is heelwat kenners wat sterk daarin twyfel of Hoover werklik die gedig geskryf het. Hy was blykbaar nie juis bekend vir skryf en glad nie gedigte nie. Hul redeneer dat Kalgoorlie op daardie stadium nie juis ‘n dorp was nie en daar sou beslis nie gevestigde bougainvilleas en peppers gewees het nie. Nog minder geplaveide paadjies. Lewe op die goudevelde was ‘n daaglikse stryd om oorlewing en sou daar enige tuine gewees het, sou dit groente gewees het. Water was ook maar skaars en sou beslis nie gebruik gewees het vir tuine nie. Hul redes is heel logies en realisties, maar die storie-kant van my wil nie daaraan byt nie. Wat het geword van drome? Kan die liefde nie dalk maak dat die prentjie wat onthou word, soveel rooskleuriger is nie? Die leser moet maar self besluit.

“Love Poem”
Attributed to Herbert Hoover (USA President) – relating to an affair he reputedly had with a barmaid from the Palace Hotel while in Kalgoorlie in 1897-98 

Do you ever dream, my sweetheart, of a twilight long ago,
Of a park in old Kalgoorlie, where the bougainvilleas grow,
Where the moonbeams on the pathways trace a shimmering brocade,
And the overhanging peppers form a lovers’ promenade?
Where in soft cascades of cadence from a garden close at hand,
Came the murmerous, mellow music of a sweet, orchestral band.
Years have flown since then, my sweetheart, fleet as orchard blooms in May,
But the hour that fills my dreaming, was it only yesterday?

Stood we two a space in silence, while the summer sun slipped down,
And the grey dove dusk, with drooping pinions, wrapt the mining town,
Then you raised your tender glances darkly, dreamily to mine,
And my pulses clashed like symbols in a rhapsody divine.
And the pent-up fires of longing loosed their prison’s weak control,
And in wild, hot words came rushing from my burning soul.
Wild hot words that spoke of passion, hitherto but half expressed,
And I clasped you close, my sweetheart, kissed you, strained you to my breast.

While the starlight-spangled heavens rolled around us where we stood,
And a tide of bliss kept surging through the current of our blood.
And I spent my soul in kisses, crushed upon your scarlet mouth,
Oh! My red-lipped, sunbrowned sweetheart, dark-eyed daughter of the south.
It was well that fate should part us, it was well my path should lead,
Back to slopes of high endeavour, aye, and was it well, indeed.
You have wed some southern squatter, learned long since his every whim,
Soothed his sorrows, borne his troubles, sung your sweetest songs for him.


I have fought my fight and triumphed, on the map I’ve writ my name, 

But I prize one hour of loving, more than fifty years of fame. 
It was but a summer madness that possessed us, men will hold, 
And the yellow moon bewitched me with its wizardry of gold. 
Let them say it, dear, but oft-times in the dusk I close my eyes
And in dreams drift back to where the stars rain splendour from the skies, 
To a park in far Kalgoorlie, where the golden wattles grow, 
Where you kissed me in the twilight of a summer long ago. 
And I clasp you close, my sweetheart, while each throbbing pulse is thrilled, 
By a low and mournful music that shall never more be stilled


Die ingangsportaal van die Palace Hotel

Die Herbert Hoover Mirror



















Saturday 20 June 2015


OAKABELLA STATION



Die stoep van die homestead, met George se kamer aan die onderpunt van die stoep.

Op die oog af is Oakabella ‘n ‘station’ soos alle ander ‘stations’ in Wes-Australie
. Tog is hierdie een uniek as jy na sy geskiedenis gaan kyk. Wat van die hedendaagse beweringe waar, is en wat nie, sal ek my nie oor uitlaat nie, maar ek sal wel graag die leser op ‘n kort feitlike toer deur Oakabella wil neem. Ek sal probeer beskryf wat ek gesien het en hoe ek dit beleef het. Hierna kan die leser self besluit wat hy of sy hiervan dink. 
Wintertyd is die ryk rooi sand van Wes-Australië toegegooi met ‘n sagtegroen opslagkombersie. Pers, geel en wit blommetjies gee nog meer kleur aan die kombersie. ‘n Paar kilo’s noord van Geraldton tussen golwende rante, knus teen ‘n rivier en ‘n klipgooi of drie van die see af, sal jy Oakbella ‘station’ kry. Hierdie station is ongeveer 150 jaar reeds in Europese besit en het ‘n groot vriendelik plaaswerf. Noord van die huis, staan ‘n enorme wildevy waarin ‘n swerm papegaaie baljaar.  Die klipopstal (homestead) self is op ‘n rantjie geleë en kyk uit oor die loop van die rivier. ‘n Entjie verder na die suidekant, is daar ‘n groepie buitegeboue met onder andere ‘n groot skeerskuur. Tussen die opstal en die buitgeboue is die buite kombuis, soos wat dit die gebruik van daardie tyd was. Daar is ook ‘n kerk / skuur met ‘n solder. Oor dit alles, hang ‘n loom plaaswerf-vrede.
Sodra jy egter deur die geboue begin stap, kan jy aanvoel dat hierdie ‘n besige werf was en steeds is. Hier het dinge gebeur en mense geleef.  Hier het mense gewerk en daar is duisende skape deur daardie skeerskuur. Die skeerders moes kos hê na ‘n dag se harde arbeid en jy kan jouself probeer indink hoeveel potte kos daar in die nederige klipkombuis gemaak is. Ek kan my indink hoe die klomp skeerders saans met hul borde kos gesit het , terwyl hul die dag se gebeure bespreek het en hoe die kok gespook het om almal se mae vol te hou. Tussendeur was daar nog ‘n span wat die lande moes bewerk. Die gereedskap in die skuur vertel ‘n storie van hul eie. Van swaarkry met gesukkel klaarkry. Van planne maak in ‘n harde vreemde land met nog vreemder peste. Daar is onder andere ‘n kontrêpsie waarmee hul hase uit die gate gerook of gejaag het. Dit is silinder vormige en jy stook dit met groen bloekomtakke vir die maksimum rook. Die slinger word gedraai en die rook word dan met behulp van en ‘n rubberpyp in die konyne se gate gepomp.  Ek weet nou nog nie of die rook, of die onaardse geluid wat die ding maak, veronderstel is om die hase uit hul gate te jaag nie.
Dis egter in die 13 vertrek huis wat mens regtig begin wonder oor die mense wat die afgelope byna eeu en ‘n half hier gebly het. Wat jy begin wonder oor hul wel en weë, oor hul voor en teenspoed. Met reg ook, want kyk jy dieper sal jy sien dat daar baie was. Dis dan ook van hier af wat ek my bloot by die feite gaan bepaal en waar elke leser sy eie gevolgtrekking kan maak. Hierdie opstal is soos meeste van die ou plaasopstalle (van Suidwes tot in Wes-Australië) enorm, maar uiters onprakties. Dit het 13 vertrekke maar is soos ‘n swaeltjie se nes gebou. Die een vertrek loop uit die ander en daar is geen gang.
Toe ons saam met ons gids Loretta by die kombuis se kant instap, kry ek dadelik ‘n plaashuis gevoel. Die meubels is dieselfde ou kombuiskas met die glasdeure en horlosie bo in die middel, wat ek nog in my ouma se kombuis leer ken het. Dieselfde liggeel kleur met ‘n groen blad. Die breekgoed wat in die kombuis uitgestal is, is van praktiese skottelgoed tot dié wat goed genoeg is vir ‘n ‘high tea’. Soos soveel male tevore, staan ek verstom oor die vlak van beskwawing wat die mense hier in die gopse gehandhaaf het. Ek kan my net probeer indink, prakties gesproke, hoe moeilik dit was. Soos wat ons verder deur die huis loop val die ou soliede hout meubels uit die 1800’s my dadelik op. In meeste van die vertrekke is kaggels ingebou. Die eerste ry vertrekke kyk dan ook almal uit op ‘n stoep wat die lengte van die huis is.
Dan vertel Loretta jou van bietjie meer van die inwoners van die huis, wat volgens haar en die meer sensitiewe siele in die lewe, nog steeds inwoners is.
In 1885 tref ‘n vreemde tragedie Oakabella. ‘n Driejarige seuntjie staan voor die venster van een van die leefvertekke, wat uitkyk op die rantjies oorkant die rivier. Op ‘n onverklaarbare manier, val die venster op hom in en hy breek sy nek. In 1901 het ene Elliot, wat op daardie stadium die eienaar van die station was, ‘n tragiese ongeluk gehad. Hy het, soos dit die gebruik daardie jare was, gaan visvang met dinamiet. Wat presies gebeur het, weet niemand, maar die dinamiet het in sy hand afgegaan. Hy het wel die huis gehaal en ‘n dokter het sy arm en been geamputeer. Elliot het bly leef om sy storie te vertel, maar het nooit vrede gemaak met sy ongeluk nie. In 1918 tref Spaanse griep die station en nog ‘n sewejarige seun beswyk. Hierdie keer aan griep.  In 1973 maak ene George Jackson sy geweer skoon, soos wat hy nog al die jare gedoen het, maar die geweer gaan op ‘n manier af en so sterf hy. 
Dis omtrent ‘n string tragiese en hartseer gebeurtenisse vir een plek Vir my was dit  bloot ‘n mooi plaaswerf met ‘n ou huis met die allermooiste houtmeubels. Ook vra ek myself, hoeveel plase en plaashuise het sulke tragiese stories om te ‘vertel’? Ek dink heelwat meer as wat ons dink, veral dié wat ver afgeleë is. Ongelukke gebeur en hulp, primitief soos dit ook maar was, was dagreise ver. 
Vir my is Oakabella se storie, net nog ‘n storie. Een wat vertel moet word.
Die buitekombuis
Die kombuis in die homestead


Die uitsig vanaf die voorstoep

Wednesday 17 June 2015


WAARDE VAN EENVOUDIGE DINGE

Mens kry dromers en jy kry realiste. Almal van ons val in een van hierdie kategoriee. Sommige van ons, is dalk bietjie dromer, bietjie realis.  Deesdae noem die geleerde mense dit onder andere linker- en regterbrein dominant. Hul het baie slim toetse om te bepaal watter kant van die brein dominant is. Hul kan sê of dit oorerflik is en of dit deur omstandighede gevorm is. Of dit ‘n aanwendsel is en of een of ander iets of iemand op jou lewenspad jou beinvloed het. Of ietsie van jou grootouma of ietsie van jou Sub-A juffrou, iewers in jou vasgesteek het.

Ek beskou myself meer van ‘n dromer as ‘n realis. Hoekom? Wel ek lewe in kleure, in woorde en wanneer ek iets skeppend doen is ek op my gelukkigste. Ek lewe in stories, van stories en vir stories. Daar is te alle tye iets storie gewys aan die gang in my kop. Soos mens egter ‘n entjie op die lewenspaadjie loop, leer jy om soms ‘n realistiese, nugtere uitkyk te he. Jy leer dit, dit kom nie natuurlik nie. Jy leer om die bul by die horings te pak en die lewe terug te skouer. (Partymaal sommer dat hy hik.) Jy leer om elke dag vir agt ure agter ‘n lessenaar te sit en na twee skerms voor jou te staar. Kompleet soos een of ander laboratoriumrot, waarop daar vreemde futuristiese eksperimente gedoen word. Jy leer om die skreeuende stilte van ‘n rekenmeesterskantoor te verstaan. Dis nou uitgesluit die geluide van die lugverkoeling, drukkers, rekenaars en telefone wat jy naderhand, weereens, leer verdra. Jy leef saam met flourescent ligte, al skyn die son baldadig buite. Jy leer om die twyfelagtige ‘vars’ lug wat deur die verkoelingstelsel, op jou geblaas word, in te asem sonder om miljoene, mikroskopiese kieme te visualiseer. (Maar die stowwerige plastiekplant in die hoek van enige opregte rekenmeesterskantoor, is en bly nog steeds een te veel vir my.)

Jy probeer syfers in kleure en geure sien, want net miskien as jy dit so om doen, is dit so bietjie interessanter as ‘n toebroodjie, wat dae lank in ‘n songebakte kar vergeet gebly het. Ter oorlewing sit jy ‘n blommetjie vir Debiet op en trek vir Krediet ‘n das aan, dit maak ten minste die visualisering meer aanvaarbaar.  Jy dagdroom in ‘n onbewaakte oomblik van finansiele state op gekleurde papier met interessante randpatrone, wat in ‘n unieke handskrif uitgeskryf is. (Dink nou net, as een of ander groot maatskappy se swartpak direkteure so ‘n stel Finansiele State in hul “all glass and chrome boardroom” moet kry. Hulle verstik verseker almal aan hul gebottelde water en peperminte.) Die grootste kontradiksie wat jy seker kan kry, is wanneer ‘n kunssinnig persoon in die rekenmeestersberoep beland. Nou kyk, dit is ‘n resep vir lewenslange frustrasie of lewenslange innovasie. Jy is die enigste een wat kan kies hoe jy dit gaan hanteer. Wat jy daarvan gaan maak.

Ek gebruik die rekenmeensterskantoor, bloot as ‘n voorbeeld. Daar is vandag soveel mense in beroepe, wat net glad nie sy of haar belangstelling is nie, maar wat wel vir die brood op die tafel sorg. Hoe gemaak? Daardie vraag het ek myself ook al ‘n paar maal afgevra. Nie almal van ons kan doen wat ons wil nie en ons hoef ook nie. Ons kan wel innoverend raak met betrekking tot die werk wat sorg vir die brood op die tafel. Innoverend? (Ja, ek hoor nou al hoe die leser kla en mor.) Dit is dalk makliker gesê as gedaan, maar heeltemal moontlik. Daar is geen vinnige wenresep daarvoor nie, maar wat ek wel kan sê: begin by die eenvoudige dinge in die lewe en geniet dit. Geniet die goedjies wat jy elke dag as vanselfsprekend aanvaar. Laat toe dat hul, in hul eenvoud, aan jou siel raak. Ervaar dit sintuiglik. Laat toe dat die mooi in die lewe op jou groei. Geen beroep, ook nie die regte een, kan noodwendig daardie tevredenheid in mens se siel bring nie.

En ja, daar is niks daarmee fout om wel ‘n stel finansiele state op skokpienk papier te druk nie! Die syfers lyk sommer mooier en ek is seker die regte egte vaal rekenmeensters se reaksies sal ook heeltemal die moeite werd weesJ

MEER AS NET ‘N KWILT Vandat ek kon onthou was kwilts, of soos dit in die volksmond bekend staan, lappieskomberse deel van my lewe. Me...