Thursday, 25 June 2015

KALGOORLIE en die PALACE HOTEL


“Do you ever dream, my sweetheart, of a twilight long ago,
Of a park in old Kalgoorlie, where the bougainvilleas grow?
Where the moonbeams on the pathways trace a shimmering brocade,
And the overhanging peppers form a lover's promenade?
Where in soft cascades of cadence from a garden close at hand,
Came the murmurous, mellow music of a sweet orchestral band.
Years have flown since then, my sweetheart, fleet as orchid blooms in May.
But the hour that fills my dreaming, was it only yesterday...


Toe ek op ‘n koue wintersaand, in die helder verligte portaal van die Palace Hotel staan en  hierdie gedig lees het dit dadelik my verbeelding aangegryp. Ek wou wéét wat die storie agter dié gedig is. Wie was die man was so met woorde kon omgaan? Wat op dees aarde het hy tussen die rowwe delwers gemaak? Belangrikste van als, wat of wie het hom geinspireer om hierdie gedig te skryf?

Kalgoorlie, is ‘n myndorp in Wes-Australië en is sowat 600km oos van Perth geleë. Hierdie is rooi sand en Salmon Gum wêreld en hier is stories. Baie stories, party mooi en ander glad nie iets wat jy in enige geselskap kan vertel nie.  ‘n Verrassende storie is egter die een van Herbert Hoover en sy verbintenis met Wes-Australië, meer spesifiek Kalgoorlie en die Palace Hotel, maar kom ons begin by die begin.

Gedurende die laat 1800’s word die eerste goudvelde in Wes-Australië ontdek. Coolgardie is een van die grootste goudvelde en trek delwers, prospekteerders en skarminkels van heinde en verre. Paddy Hannan, Dan O’Shea en Tom Flanagan is maar drie van die menigte wat hul fortuin daar kom soek het. Lewe op die Wes-Australiese goudvelde van daardie tyd, was beslis nie ‘n sprokie nie. Vars water was die grootste probleem. Kort op die waterprobleem se hakke, was al die sosiale probleme wat met so ‘n stormloop gepaard gaan. Daar was geen huisvesting of skuilings nie. Kos was baie skaars en delwers het soms dae sonder kos klaargekom. Mense het enigiets gedoen om te oorleef.  Die meer innoverende dames het nie op hul laat wag om ‘n ‘besigheid’ te begin nie, terwyl van die manne se dade ook nie aldag die daglig kon aanskou nie. Dit was ‘n harde lewe en die naaste wetgewer was in Perth. Wat regtig op die goudvelde gebeur het, het hom nie juis geskeel nie en was beslis nie prioriteit nie.

In Januarie 1893 begin gerugte die rondte doen dat daar ryk goudneerslae by Mount Youle ontdek is en Hannan, O’Shea en Flanagan saal hul perde op en vat die pad soontoe, via Mount Charlotte (laasgenoemde is net buite die huidige Kalgoorlie geleë). Oppad kry hul teëspoed met die hoefysters van een van die perde en moet noodgedwonge die reis onderbreek om dit eers uit te sorter. Dis dan tydens dié onderbreking, terwyl hul na water gesoek het, wat hul tekens van goud in die omgewing opmerk. Hul besluit daar en dan om eers te bly en dit verder te ondersoek. Op 17 Junie 1893 handig Hannan ‘n “Reward Claim” by die magistraat in Coolgardie in. Hierdie was net die begin van nog ‘n groot goudstormloop. Teen 1895 bestaan Kalgoorlie, hoewel dit daardie tyd as Hannas Find bekend gestaan het, met ‘n populasie van net oor die 2,000. In 1901 is die populasie byna 5,000 en teen 1903 byna 7,000. Hierdie area rondom Kalgoorlie en Coolgardie, staan vandag nog bekend as die Goue Myl en word allerweë beskou as die rykste stuk aarde ter wêreld.  Mynbou is vandag nog die hoofindustrie.

Met ‘n area populasie van ongeveer 200,000 in die laat 1800’s, was daar ‘n onversadigbare aanvraag na infrastruktuur en werksmense. Besighede, banke en natuurlik bordele het oornag soos paddastoele opgeskiet. Die Palace Hotel is dan ook in hierdie tyd gebou. In 1897 word die hotel gebou teen ‘n astronomiese koste van 17,000 pond. Die amptelike opening van die 44 kamer hotel is in Desember van dieselfde jaar. Die hotel word op daardie stadium beskou as die luukste hotel buite Perth. Die meubels is van Melbourne af bestel en dit was die eerste hotel met elektriese lig (vanaf hul eie kragopwekker) en vars water in al die badkamers. Hierdie vars water het van die hotel se eie kondenseerders gekom.

Dit bring my die volgende deel van die storie, naamlik Herber Hoover se konneksie met Kalgoorlie. Herbert Hoover was die 31ste president van Amerika tussen 1929 – 1933.  Hy het in 1897 as 23 jarige myningenieur, in die goudvelde van Wes-Australië kom werk. Hy het in die Palace Hotel oorgebly en by verskillende myne in die area gewerk. Vanaf Coolgardie, Kalgoorlie op na Menzies, en Leonora en selfs tot in die Murchison, het hy as geoloog en ingenieur gewerk. Hy het Wes-Australië as volg beskryf: “black flies, red dust and white heat”. (Dit kan ek bevestig, is vandag nog die geval. Daar was sedertdien geen verandering op daardie front nie.) Tydens sy verblyf in die Palace Hotel het hy blykbaar verlief geraak op ‘n barmaid. Daar word egter nie veel oor die verhouding geskryf nie, hoewel my storiesiel meer daaragter wil sien. In 1899 vertrek hy na China en trou later daardie jaar met sy skoolliefde Lou Henry. Hy het nooit weer in Australië gebly nie, maar het die land ‘n paar maal in die vroeë 1900’s besoek in sy hoedanigheid as oorsese belegger.  

Nou vir die teleurstellende kinkel in die kabel: daar is heelwat kenners wat sterk daarin twyfel of Hoover werklik die gedig geskryf het. Hy was blykbaar nie juis bekend vir skryf en glad nie gedigte nie. Hul redeneer dat Kalgoorlie op daardie stadium nie juis ‘n dorp was nie en daar sou beslis nie gevestigde bougainvilleas en peppers gewees het nie. Nog minder geplaveide paadjies. Lewe op die goudevelde was ‘n daaglikse stryd om oorlewing en sou daar enige tuine gewees het, sou dit groente gewees het. Water was ook maar skaars en sou beslis nie gebruik gewees het vir tuine nie. Hul redes is heel logies en realisties, maar die storie-kant van my wil nie daaraan byt nie. Wat het geword van drome? Kan die liefde nie dalk maak dat die prentjie wat onthou word, soveel rooskleuriger is nie? Die leser moet maar self besluit.

“Love Poem”
Attributed to Herbert Hoover (USA President) – relating to an affair he reputedly had with a barmaid from the Palace Hotel while in Kalgoorlie in 1897-98 

Do you ever dream, my sweetheart, of a twilight long ago,
Of a park in old Kalgoorlie, where the bougainvilleas grow,
Where the moonbeams on the pathways trace a shimmering brocade,
And the overhanging peppers form a lovers’ promenade?
Where in soft cascades of cadence from a garden close at hand,
Came the murmerous, mellow music of a sweet, orchestral band.
Years have flown since then, my sweetheart, fleet as orchard blooms in May,
But the hour that fills my dreaming, was it only yesterday?

Stood we two a space in silence, while the summer sun slipped down,
And the grey dove dusk, with drooping pinions, wrapt the mining town,
Then you raised your tender glances darkly, dreamily to mine,
And my pulses clashed like symbols in a rhapsody divine.
And the pent-up fires of longing loosed their prison’s weak control,
And in wild, hot words came rushing from my burning soul.
Wild hot words that spoke of passion, hitherto but half expressed,
And I clasped you close, my sweetheart, kissed you, strained you to my breast.

While the starlight-spangled heavens rolled around us where we stood,
And a tide of bliss kept surging through the current of our blood.
And I spent my soul in kisses, crushed upon your scarlet mouth,
Oh! My red-lipped, sunbrowned sweetheart, dark-eyed daughter of the south.
It was well that fate should part us, it was well my path should lead,
Back to slopes of high endeavour, aye, and was it well, indeed.
You have wed some southern squatter, learned long since his every whim,
Soothed his sorrows, borne his troubles, sung your sweetest songs for him.


I have fought my fight and triumphed, on the map I’ve writ my name, 

But I prize one hour of loving, more than fifty years of fame. 
It was but a summer madness that possessed us, men will hold, 
And the yellow moon bewitched me with its wizardry of gold. 
Let them say it, dear, but oft-times in the dusk I close my eyes
And in dreams drift back to where the stars rain splendour from the skies, 
To a park in far Kalgoorlie, where the golden wattles grow, 
Where you kissed me in the twilight of a summer long ago. 
And I clasp you close, my sweetheart, while each throbbing pulse is thrilled, 
By a low and mournful music that shall never more be stilled


Die ingangsportaal van die Palace Hotel

Die Herbert Hoover Mirror



















No comments:

Post a Comment

MEER AS NET ‘N KWILT Vandat ek kon onthou was kwilts, of soos dit in die volksmond bekend staan, lappieskomberse deel van my lewe. Me...