FONTEINTJIES LANGS MY LEWENSPAD
Vandag het ek nie juis 'n storie nie. Nee, ek wil eerder oor iets skryf wat my regtig na aan die hart lê. Vriende. Die wat ver is, die wat naby is, die wat deur dik en dun by ons elkeen staan, die wat saam tee drink en die wat saam lag. Dan is daar ook die wat saam met jou skryf, lees, filosofeer, ondersoek, draf, kwilt, plak en bak. Daar is dié wat van jou vat en daar is dié by wie jy iets kry. Sommige breek jou, ander tel die stukke op. Vriende slyp jou en jy slyp hulle.
Ek en my draf-vriendin gesels nou die aand oor hierdie onderwerp. (Dit was tydens die vierde kilometer, so ons het nie te veel asem gehad nie. Ons het dit dus net bespreek en nie te veel gefilosofeer nie:-)) Een van die goed wat ons vir mekaar gevra het: Wat verwag ons elkeen van 'n vriend of vriendin? My antwoord: Onvoorwaardelike, wedersydse, vertroue. Laasgenoemde klink so eenvoudig, maar kom ons kyk na die twee kernwoorde nl: onvoorwaardelik en vertroue.
Onvoorwaardelik beteken letterlik sonder voorwaardes en of voorbehoude. Dis eintlik 'n eenvoudige woord, wat 'n geweldige omvattende begrip en leefwyse beskryf. Wat gestalte gee aan gevoelens, aan dade en in sommige gevalle, méér as sewe sakke sout. Dit het betrekking op goeie en slegte tye, finansieel, emosioneel, materieel en andersins. Onvoorwaardelik is presies wat die woord sê: ON-VOOR-WAARDE-LIK. Net soos jy is. Sonder voorgee, sonder pretensie.
Vertroue is ook net so 'n groot woord. 'n Woord wat eers wasdom in jou siel bereik, as jy dit bedink het. Daaroor gepeins het. Die engelse verklarende woordeboek verklaar die woord as volg: 'The reliance on the integrity, strenght, ability, surety ect. of a person.' Dis 'n mondvol, wat ook die aksie en reaksie, prestasie en teenprestasie, van die woord baie goed beskryf. Eintlik moet mens na elkeen van daardie woorde se betekenis ook kyk. Dan eers sal ons die puntjie van hierdie betekenis-ysberg sien. En dan eers sal mens besef, waarom ons soveel waarde aan vertroue heg. Ek stel 'n baie, baie hoë prys op vertroue. Die oomblik as daar 'n vertrouensbreuk is, lê die skerwe die werf vol. Plak kan mens dit weer plak, maar dis nooit weer dieselfde nie.'n Gebreekte blompot hou immers nie weer ordentlik water nie.
Wedersyds, is natuurlik ook belangrik en spreek vanself. Daar kan nie 'n teenprestasie wees as daar nie 'n prestasie was nie.
Dis myns insiens, min of meer die vereenvoudigde konsep en eienskappe van vriendskap. Dit klink ingewikkeld, maar is veronderstel om 'n spontante gevoel te wees. En as elkeen van ons, onsself toelaat om te vertrou, kan dit ook so wees. Natuurlik is daar baie ander eienskappe ook, wat ons van vriende of 'n vriendskap verwag. Soos eerlikheid. Soos sy vir my sê: "Ek verwag van my vriende om vir my die waarheid rondom 'n situasie te sê. Om nie my gevoelens te spaar nie en oop kaarte met my te speel." Dit is ook belangrik ja.
My vriende, wat in getalle nie hordes is nie, is waarlike fonteintjies langs my lewenspad. Soos ek deur die lewe gaan het ek elkeen van hulle nodig. Elkeen op sy tyd en plek wat nie noodwendig is soos die ander s'n nie. Elkeen is 'n lafenis en rusplek vir my. Met elkeen deel ek iets besonders en dit maak hul dus ons vriendskap ook uniek.
Rondom water is die plantegroei ook weliger en die kans op oorlewing vir plantegroei ook baie beter. Ons het almal water nodig, moet nooit jou fonteintjies vol klippe gooi nie. Aan die ander kant ook, as dit 'n 'opregte' fonteintjie is, sal sy lewegewende water deur die klippe borrel.
Tog moet mens altyd daarop let om nie die delikate vriendskaps-blompot te laat val nie, dit beskadig gewoonlik onherstelbaar.
Stories was en is steeds 'n wonderlike deel van my lewe. Dit is dus gepas dat die 'stories' blog my storie vertel.
Thursday, 14 March 2013
Friday, 22 February 2013
VAN KARAKOEL TOT SWAKARA
Soos dit nou maar in my storielewe gaan het ek gister weer 'n storie raakgeloop. Ek het regtig nie daarvoor gesoek nie, dit het my gevind, op 'n afgeleë plaas in 'n klein boerverenigingsaal, tussen 'n klomp boere.
Soos julle nou al weet, is ek baie lief vir my droeë land en alles wat daarmee saamgaan. So gebeur dit toe gister dat ek by 'n veiling van een van die oudste Swakara-, beter bekend as karakoelstoeterye, in die land was. So tussendeur die verrigtinge probeer ek my gedagtes hokslaan, maar verniet. Toe ek weer sien, het my gedagtes hul eie loop geneem...
Hierdie is 'n besonder geharde skaapras wat volgens argeologiese bewyse reeds 1400 v.C. bestaan het en meestal in Sentraal Asie voorgekom het. Die naam Karakoel is afgelei van die dorpie/nedersetting met die naam van Karakul wat in 'n vallei naby die Amu Darju rivier geleë is, in wat die vroeërer Emirate van Buchara, Turkye was. Vandag bekend as Uzbekistan. Hierdie nedersetting is geleë op 'n redelike hoogte bo seespieël wat meegebring het dat die plantegroei en water beperk was.
Die ontstaan van die karakoelpels en -wol industrie was om en by teen die einde van die 19de eeu. Toe het Russiese en Amerikaanse koopmanne hierdie pelse en wol gekoop en op die markte in Londen (Britanje) en Leizig (Duitsland) verkoop. In Leipzig was 'n bekende pelshandel maatskappy met die naam Thorer wat reeds vanaf 1612 bestaan het. Mnr Thorer het die Duitse regering aangeraai om die karakoelskaap na die destydse Sudwest Afrika te bring. (In 1903 is 'n troppie karakoele Duitsland toe gevat vir navorsing.) Mnr Paul Thorer het gereken dat die semi-woestyn toestande in Suidwes-Afrika baie ooreenstem met dié van Sentraal Asie en die skape dus goed kan aanpas, vandaar sy aanbeveling.
Op 24 September 1907 arriveer die eerste 12 skape, 2 ramme en 10 ooie, per vragskip in die Swakmundse hawe. (Daardie stadium het Swakop nog 'n hawe gehad.) Daar word, te voet, met die skape getrek na plaas Voigts Grund net wes van Mariental. Dit opsigself was nie 'n maklike taak nie, as jy in ag neem dat hulle deur die woestyn moes trek.
Dit was die beskeie begin van die ras in Suidwes.. Dié ras met besondere kenmerke, bv dat hul 'n baie dominate swart geen het wat meebring dat die meeste lammers swart gebore is. Ook is dit 'n geharde skaap wat vet in sy stert berg en vir die 'maer jare'.
So het die boere en regering hierdie skaapras verfyn. Jare se navorsing, toewyding en sommer plein harde werk daarin gesit. Soveel so dat die Suidwes-Afrikaanse karakoelindustrie in die 1960-70's 'n bloei tydperk beleef het. Op daardie stadium was die 'swart diamante' op almal se lippe en het Suidwes ongeveer 5 miljoen pelse per jaar na die mark in Kopenhagen gestuur.
In 1980 beleef die karakoelpels industrie egter 'n terugslag, onder die druk van diereregte groepe in Amerika, Europa en Kanada. Hierdie groepe was gekant teen die slag van die karakoellammers binne 48 uur na geboorte. Ook die wolindustrie het 'n insinking beleef. Dit het meegebring dat die boere in 1990 nie pelse kon bemark nie. Boere het hul kuddes verklein en die skape vir vleisproduksie verkoop. Die jare wat daarop volg bly die industrie net-net aan die gang en in 1997 is stuur Agra slegs 56 667 pelse mark toe. Gedurende die laaste paar jaar tel die bedryf weer kop op en Agra stuur jaarliks ongeveer 140 000 pelse Kopenhagen toe, wat deur die pelssorterings sentrum van Agra hanteer word. Die enigste sentrum van sy soort in Afrika. Teen 2007 is daar 40 karakoelstoeterye in Namibia en 16 in Suid-Afrika.
In 2011 of 2012 behaal die karakoelstoetery van Namibië een van hul grootste mylpale: naamlik om die ras te laat herregistreer en 'herdoop', na Swakara's. Dit is gedoen omdat die ras waarmee tans geboer word, wêrelde verskil van die ras wat meer as honderd jaar gelede die land ingebring is. En in Kopenhagen is Swakara's in aanvraag op die veilings.
Dis min of meer die verloop van die geskiedenis van Swakara. Die feite en tog weet jy nie hoeveel tyd, toewyding en belangstelling wel in so 'n stoet gesit word nie. Jare se werk, seleksie van gene en kyk hoe die haarkwaliteit in die volgende lamseisoen lyk. Aanhou, kophou en moedhou.
In laasjaar het 'n groot Seder in die Swakara bedryf geval en 'n twee-generasie-lange-stoet is gister verkoop. Tot aan kopers in Suid-Afrika. 'n Waardevolle bondel gene is die land ingestuur. En ek dra hierdie skryfseltjie aan hom en al die ander bittereinders op. Julle het voorwaar 'n produk om op trots te wees.
.

Monday, 11 February 2013
BLINKHAAR GRASSAAD IN DIE WIND
Hierdie storie handel oor 'n graspol. Ja, 'n graspol, wat in die veld staan en waaraan skape lustig kou. Uit 'n boerdery oogpunt gesien, is dit gras wat 'n goeie bron van voeding is. Dis ook gras wat volop voorkom in die droeë suidwestelike dele van Suidwes waar ek groot geword het. Iets wat eie is aan my en my land. Maar die graspol-storie het 'n draai...
In hierdie deel van die land is reën skaars en die plantegroei soms skaarser en die wat wel daar is, meestal net so gehard soos die res van die veld. Hier kry jy onder andere 'n droeë graspol wat sommer nuwe lewe kry, enkele dae nadat die eerste reën geval het. Die gevestigde polle se wortels drink die vog op en die pol raak van onder af groen, terwyl die nuwe polletjies baldadig groei en braaf, teen die warm Suidwes-son, hul sagte groen blaarjies deur die aardkors druk.
Gedurende die reënseisoen bly die gras groen en is die veld oortrek met 'n heldergroen lewegewende skynsel. Later in die seisoen vorm die sade, maar skaam-skaam bly hul eers toe tot die draai van die seisoen. Teen April, Mei staan die blinkhaarpolle gewoonlik vol in die saad.Swaar en blink hang die ritse ryp grassade aan die dun stingeltjies.
Wintertyd is blinkhaartyd. Dan is die gras op sy mooiste, die groen weg en dan bly net die strooikleur gras met hul blink sade oor in die veld. Die rante van ons ou wêreld is dan oortrek van dié gras, wat liggies in die wind waai. Sover soos die oog kan sien, staan die massa wuiwende gras en as jy teen die weste son daarna kyk, maak dit jou oë seer so mooi en blink is dit. Die diere raak 'weg' in die pragtige gras.
Dan kom Augustus en teen daardie tyd is die grassade ryp en val dit af. Saam met Augustus kom die westewinde wat dae lank bollings stof oor die velde waai. Die wind wikkel dan die blink saadjies los en dra dit oor grense heen. Bedags sien jy die grassade op die wind dryf en laat namiddag as die wind bietjie gaan lê het en jy in die klipperige tweespoorpaadjie gaan stap, sien jy die blink grassaadjies waar hul in die harde grond vasgesteek het. Reg, om die kringloop van vooraf te begin sodra die eerste reën in Oktober, November val.
Ons mense is ook maar net soos blinkhaargras. Ons gaan deur dieselfde kringloop. Inteenstelling met die geordende en vasgestelde manier en kringloop van die natuur, is s'n soms maar soms 'n deurmekaarspul en volg dit nie so mooi opeen nie. Maar op die ou end, is al die stadiums steeds daar en het ons aardse lewe ook maar 'n siklus.
Party van ons is in jou groen reëntyd-stadium, terwyl ander in hul wintertyd-stadium van die lewe is. (En dan het dit nou niks met ouderdom te doen nie.) Andere is weer in hul westewind-staduim. Ek is.
Ek is tans 'n blinkhaarsaadjie op die westewinde van die lewe. Hy gaan my waai, hy gaan my oor grense, geografies en andersins, heen vat. Soms vinnig en in warrelende sirkels, soms rustiger, soms so vee-vee oor die grond. Maar iewers moet die wind gaan lê en dan gaan hierdie saadjie haar lê kry. Daar sal sy eers versigtig in die grond vassteek en wag op die eerste reënseisoen. Na die reën sal daar 'n polletjie vorm, wat stadig maar seker wortels sal vorm...

Tuesday, 29 January 2013
DIE STORIE AGTER DIE STORIE(S)
Vandag wil ek vir julle die storie agter die storie(s), soos hierbo gelees, vertel. Eintlik is dit ook nie 'n vreeslike storie nie, maar steeds. Kom ek stel dit maar op skrif. Dalk wonder ek ook oor tien jaar van nou af hoekom ek dié spesifieke naam gekies het.
Toe ek aanvanklik as 'blogger' geregistreer het, het ek skaars die blad verstaan. Met die opstel van my elektroniese blogprofiel vra hul toe allerhande vrae, sommiges vreemd ander heel gangbaar. Onder andere vra hul die naam van jou blog. Op daardie stadium kon ek nie vinnig genoeg aan iets oorspronklik of konkreet dink nie. Glad nie. Toe val my oog op die kalender en aangesien dit die jaar 2013 is, is dit toe sommer die naam. Ander mense het heel oorspronklike name vir hul blog gekies. Soos byvoorbeeld Steve se Spoegblog. Gelukkig is ek regtig nie erg oor spoegwoorde of enigeiets in daardie lyn nie. Terug by die naam. Myne? Nou ja, toe ek nou bietjie kans het om oor die naam te dink (en agter te kom watter een verskyn waar) besluit ek op die volgende: Die storie agter die storie(s). Dit sê eintlik alles.
Vandat ek kon onthou, was daar stories. Kleintyd, stories wat my ma vir my gelees het, stories wat ons twee saam opgemaak het, stories wat ek en Ouboet uitgedink het. Ek en Ouboet was Captain Cook en het op 'n omgekeerde tafel die oseane van die grasperk deurkruis. En in ons verbeelding was die gras water, met woeste golwe! Van die Bottle Brush- tot by die Propsopisboom en ons gedugte makkers: Vriendjie, Haasdas Jorsie en Hendrik Schoeman was immer aan ons sy. (Die eerste drie was sagte speelgoed, maar van Hendrik Schoeman kan ek julle eintlik niks sê nie. Ek vermoed dit was 'n verbeeldingsvriend, seker maar by die grootmense gehoor van hom.)
Die plaaslewe was 'n skatkis van stories. Met of sonder verbeelding: daar was net altyd nog 'n storie en nog een en nog...
Ek kon ure dagdroom en stories opmaak. 'n Vinknes in 'n kameeldoringboom was vir my 'n storie. Ek meen. Die boom kom van iewers af. Die vink het tog 'n familie, bly in 'n huisie, wat oor 'n helder kuil in die klipperige rivier hang. 'n Vink het bure en vyande, eiers en kuikens, kan raas, vreet, sing en sosialiseer. So, tot 'n Vink het 'n storie.
Toe gaan die plaaskind skool en koshuis toe en amper laat die vier mure my stories doodgaan. Amper...
Gelukkig net voordat dit gebeur, leer ek lees. En siedaar, daar gaan 'n ander wêreld vir my oop. 'n Groter wêreld met 'n magdom stories. Nou is daar geen keer, ek lees enigiets waarop ek my hande kan lê. Uit radeloosheid (vermoed ek) laat sluit ouma my by die dorpsbiblioteek aan. Vrydae is die hoogtepunt in my week, want dan gaan ek biblioteek toe. Hand aan hand stap ek en oupa en ouma elke Vrydagmiddag bib toe. Die terugpad is lank. Ek wil my boek lees.
Later jare kry my stories dimensie. Ek skryf stories en gedigte sommer vir die lekkerte. Skryf sommer van die ander kinders opstelle ook, want dis lekker en daar is so baie stories in my kop wat moet uit. En tussendeur lees ek steeds. Kort by alles.
So besef ek een goeie dag dat my lewe eintlik 'n storie is. Een lang storie, wat in klomp klein storietjies opgebreek kan word. Party mooi en lekker, ander minder lekker en party sommer net sleg. Maar stories is ook nie altyd lekker nie en om 'n lang storie kort te maak, bly 'n storie 'n storie of dit nou lekker of sleg is.
So op my blog gaan stories wees. Ander mense noem dit insidente, lewenservaringe ens. Vir my bly dit stories. Klomp stories, wat naderhand een groot storie vorm.
Maak jul reg vir 'n Ratanga-rit van stories: party hoog, ander laag, ander laat jou maag omdop, party is foto-oomblikke en ander glip ongesiens verbly...

Thursday, 24 January 2013
ODE AAN WOORDE
Nou ja, daar waag ek sowaar my hand aan blog. Blog? Wat 'n vreemde woord maar ek doen dit wrintie waar. Miskien doen ek dit omdat die mistieke, wonderwêreld van woorde, sinne, boeke en biblioteke altyd 'n integrale deel van my lewe was, steeds is en selfs deur Kindle-tye so sal bly.
Woorde kan in my kop wees, woorde kan gesê word of dit kan deur my vingers na die papier vloei. Ek kan woorde proe, dit in my mond rol en versigtig uiter. Soms kan ek dit onverskillig na iemand slinger of dit ongesê laat bly. Met woorde kan ons skade doen en ons kan goed doen. Woorde bring reuke, kleure, gevoelens en klanke, helder na elkeen van ons. Dit gee lyf aan elke sintuig. Dit gee dimensie aan wie jy is.
Woorde beskryf alles: onthou-tye en vergeet- tye, goeie-tye en swaar-tye. Woorde het baie jassies. Dit kan 'n kommunikasie-, ontspanning- of werksjas aanhê. Woorde kan jy inspan, klein en groot, lank en kort totdat dit sinmaak en 'n sin maak en naderhand 'n storie. 'n Storie word 'n boek en boeke is ons lewe.
Woorde is.

Subscribe to:
Posts (Atom)
MEER AS NET ‘N KWILT Vandat ek kon onthou was kwilts, of soos dit in die volksmond bekend staan, lappieskomberse deel van my lewe. Me...
-

SHARK BAY Saterdag 27 September 2014 pak ons die Wit Wa en vat die northwest coastal highway (NWCH) noorde toe. Boot en bord op ...
-
Hierdie is ‘n stukkie wat ek lankal wou skryf, maar dit het nog altyd agtergebly. Dit sluit bietjie aan by my laaste skryfseltjie, waari...